CSS sprites is `n manier om die hoveelheid HTTP aanvrae te verminder, vir beeld bronne aangevra deur jou webblad. Beelde is gekombineer in een groot beeld by spesifieke X en Y koordinate. Die CSS background-position (agtergrond posisie) element kan gebruik word om die beeld so te positioneer sodat die regte gedeelte sigbaar is.

Hierdie tegniek kan baie effektief gebruik word om webblad spoed te verbeter, veral in gevalle waar baie klein beelde, soos menu ikone, gebruik word. Die Yahoo! tuisblad, as voorbeed, gebruik hierdie tegniek juis vir hierdie resultaat.

Goggas

Daar is `n paar goggas wat `n mens regtig kan afsit waarvoor `n mens moet oppas as mens CSS sprites skep.

Opera

Opera (ten minste tot by weergawe 9.0) herken nie agtergrond posisies groter as 2042px of kleiner as -2042px nie, en gebruik eerder daardie limiet indien `n groter waarde verskaf word. Die instrument tref voorsorg hiervoor deur nuwe kolomme te skep binne die beeld uitset elke keer wat die vertikale limiet bereik word.

Safari

Safari het `n probleem met herhalende agtergrond beelde. Gelukkig kan dit maklik opgelos word deur `n groot genoeg horisontale afset waarde (konfigureerbaar).

Verdere Leesstof

A List Apart het `n artikel gepubliseer met die titel CSS Sprites: Beeld opsnyding se doodskus wat die konsepte agter CSS sprites verduidelik. As jy nuut is tot hierdie tegniek beveel ons aan dat jy `n draai maak by A List Apart en `n bietjie daar gaan rondkyk.